Lyfs

Lyfs
līvõ kēļ, rāndakēļ
Gepraat in: Vlag van Letland Letland 
Gebied: Lyfland
Totale sprekers: uitgestorwe[1][2]
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
   Fins-Wolgaïes
    Fins-Samies
     Oosseefins
      Lyfs 
Skrifstelsel: variant van die Latynse Alfabet (hibried van die Letse en Estiese ortografieë) 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Letland Letland (outochtone taal met wettige status)[3]
Gereguleer deur: Līvõd Īt (Lyfse Unie)
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: fiu (ander Fins-Oegriese tale)
ISO 639-3: liv 
Historiese verspreiding van Lyfs

Lyfs (līvõ kēļ of rāndakēļ) is 'n uitgestorwe taal wat behoort tot die Oosseefinse tak van die Oeraalse tale in die Fins-Oegriese taalfamilie. Lyfs was nou verwant aan Esties. Die moederland van die Lyflanders is Lyfland wat in Letland geleë is, in die noorde van die Koerland-skiereiland. Sommige etniese Lyflanders het in onlangse tye die taal aangeleer in 'n poging om dit te laat herleef, maar aangesien Lyflanders 'n klein minderheid is, is daar weinig geleenthede om die taal te praat.[4] Grizelda Kristiņa, die laaste moedertaalspreker, is in 2013 op die ouderdom van 103 oorlede.[5]

██ Verspreiding waar die laaste Lyfssprekers geleef het ██ Historiese verspreiding van Lyfs in Letland

Die Lyfse alfabet is 'n variant van die Latynse alfabet wat 'n hibried van die Letse en Estiese ortografieë verteenwoordig.

  1. (en) David Charter (5 Junie 2013). "Death of a language: last ever speaker of Livonian passes away aged 103". The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2017. Besoek op 1 Desember 2013.
  2. (et) "Viimane emakeelne liivlane lahkus jäädavalt" Postimees, 14 Junie 2013
  3. (en) "Official Language Law, Sections 4, 5 and 18 (Article 4)". Likumi.lv. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019. Besoek op 5 Julie 2019.
  4. (en) Revival of Livonian Language in Latvia, besoek op 4 Januarie 2009
  5. (en) "Obituary: Last Native Speaker of the Livonian Language Died Age 103". GeoCurrents. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2013. Besoek op 1 Desember 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search