MIV/vigsontkenning

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
MI-virus gesien onder 'n elektronmikroskoop

MIV/vigsontkenning is die geloof, wat weerspreek word deur afdoende bewyse,[1][2] dat menslike immuungebrekvirus (MIV) nie die verworwe immuungebreksindroom (vigs) veroorsaak nie.[3] Sommige van die voorstanders verwerp die bestaan van MIV, terwyl ander aanvaar dat MIV bestaan, maar argumenteer dat dit 'n skadelose passasiersvirus is en nie die oorsaak van vigs nie. In soverre hulle vigs as 'n werklike siekte erken, skryf hulle dit toe aan 'n kombinasie van seksuele gedrag, ontspanningsmedisyne, wanvoeding, swak sanitasie, hemofilie, of die gevolge van die middels wat gebruik word om MIV-infeksie te behandel (teenretrovirale middels).[4][3]

Die wetenskaplike konsensus is dat die bewys dat MIV die oorsaak van vigs is, afdoende is[1][2] en dat MIV/vigsontkenning pseudowetenskap is, gebaseer op samesweringsteorieë,[5] foutiewe redenering en die verkeerde voorstelling van hoofsaaklik verouderde wetenskaplike gegewens.[1][2][6] Met die verwerping van hierdie argumente deur die wetenskaplike gemeenskap, word MIV/vigsontkennende materiaal nou op minder wetenskaplik gesofistikeerde gehore gerig en word dit hoofsaaklik op die internet versprei.[7][8]

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named iomreport
  2. 2,0 2,1 2,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named niaid
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Nattrass
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cohen
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kalichman
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named TeenWetenskap
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named SmithNovella
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NewScientist

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search