Maagd (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Maagd (sterreteken).
Maagd
Latynse naam Virgo
Genitief Virginis
Afkorting Vir
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h
Deklinasie -4º
Grootte 1 294 vk. grade (2de)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 9, 15
Helderste ster Spica (Alpha Virginis)
Naaste ster Ross 128
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 26
Messier-voorwerpe 11
Bayer-/Flamsteed-sterre 96
Meteoorreëns Virginids, Mu Virginids
Aangrensende sterrebeelde
Veewagter, Berenice se Hare, Leeu, Beker, Kraai, Noordelike Waterslang, Weegskaal, Slang
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Maagd (Latyn: Virgo) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem. Dit lê tussen die Leeu in die weste en die Weegskaal in die ooste en is die tweede grootste van al die sterrebeelde, naas die aangrensende Noordelike Waterslang. Die konstellasie kan maklik gevind word deur middel van sy helderste ster, Spica (α Vir).[1] Sy simbool is .

Die Maagd is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

  1. The history of the star: Spica by Richard Hinckley Allen, 1889.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search