Maagdeburg

Maagdeburg
Magdeburg

Kaart Wapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Sakse-Anhalt
 Koördinate 52°8′N 11°37′E / 52.133°N 11.617°O / 52.133; 11.617
 Stigting Voor 805
 Stadstatus 1126/1188
 Oppervlakte:  
 - Totaal 201,84 vk km
 Hoogte bo seevlak 55 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2016) 241 134[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 194,7/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Lutz Trümper (SPD)
 Amptelike Webwerf www.magdeburg.de

Maagdeburg (Duits: Magdeburg, Nederduits: Meideborg) is die administratiewe hoofstad en - naas Halle - ook die grootste stad van die Duitse deelstaat Sakse-Anhalt met 'n bevolking van meer as 241 000 in 2016. Maagdeburg is die setel van sowel 'n Evangelies-Lutherse asook 'n Rooms-Katolieke biskop en beskik oor twee universiteite, die Otto-von-Guericke-universiteit en die Hochschule Magdeburg-Stendal.

Maagdeburg staan bekend vir sy beduidende historiese erfenis - hier was onder meer die palts van Otto I geleë, die eerste keiser van die Heilige Romeinse Ryk wat vanaf 962 geregeer het. So word die stad tans amptelik ook Ottostadt Magdeburg genoem.[2] Die eerste historiese verwysing na Maagdeburg dateer uit die jaar 805. Die destydse stadsnaam Magadoburg het waarskynlik "magtige burg" beteken, alhoewel die huidige Duitse naam Magdeburg reeds sedert die Middeleeue as "Maagde-" of "Jonkvroueburg" geïnterpreteer is.

  1. www.magdeburg.de: Daten. Besoek op 18 Julie 2017
  2. Die Ottostadt Magdeburg. Besoek op 18 Julie 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search