Mabel Jansen

Martha Mabel Jansen
Martha Mabel Jansen (gebore Pellissier), omstreeks 1953 afgeneem toe sy Haar Eksellensie, mev. E.G. Jansen, eggenote van die goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika was. Hy was die derde Afrikaanssprekende in dié amp en ook die voorlaaste goewerneur-generaal voor Republiekwording op 31 Mei 1961.
Gebore
Martha Mabel Pellissier

1 November 1889
Sterf8 Januarie 1979
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepOpvoedkundige, skrywer, joernalis, kultuurleier, politikus en baanbreker in die bevordering van Afrikaans
EggenootE.G. Jansen
KindersAppèlregter Erns Louis Jansen (1918–2011)
Ouer(s)Samuel Henri Pellissier en Louise Roux

Martha Mabel Jansen (gebore Pellissier, Bethulie, 1 November 1889Pretoria, 8 Januarie 1979) was ’n Suid-Afrikaanse opvoedkundige, skrywer, joernalis, kultuurleier, politikus en baanbreker in die bevordering van Afrikaans, asook die eggenote van die voorlaaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, dr. E.G. Jansen. Haar grafskrif in die begraafplaas in Centurion lui: "Gelowend in God het sy haar volk met eer gedien."[1]

Sy het haar lewe lank onwrikbaar getrou aan haar beginsels gebly, dermate dat toe haar man genl. J.B.M. Hertzog in 1933 uit die Nasionale Party tot in die Verenigde Party volg, sy 'n Nasionalis gebly het tot dr. Jansen in 1939 op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog teruggekeer het na die party waaraan sy vrou deurentyd getrou was en wat sy help opbou het ná die samesmelting ses jaar vantevore.

  1. Foto van haar grafsteen op die webtuiste van die Genealogiese Vereniging. URL besoek op 16 Julie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search