Madagaskarplan

Die ligging van Madagaskar aan die ooskus van Afrika.

Die Madagaskarplan was ’n voorstel deur die regering van Nazi-Duitsland om Jode op die eiland Madagaskar te hervestig. Franz Rademacher, hoof van die Joodse afdeling van die Duitse departement van buitelandse sake, het die idee in Junie 1940 voorgestel, kort voor die val van Frankryk. Die voorstel het behels dat die beheer oor Madagaskar, destyds ’n Franse kolonie, aan Duitsland oorgedra word as deel van die voorwaardes van Frankryk se oorgawe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search