Magnetosfeer

’n Voorstelling van die megnetieseveldlyne van die Aarde se magnetosfeer.

’n Magnetosfeer is die gebied na aan ’n hemelliggaam waarin gelaaide deeltjies beheer word deur die liggaam se magneetveld.[1][2] Naby die oppervlak van die liggaam lyk die magneetveldlyne soos dié van ’n ideale magnetiese dipool. Verder weg word die lyne verwring deur uitwendige strominge, soos die sonwind.[3][4]

By die Aarde word met die "magnetosfeer" gewoonlik bedoel die buitenste laag van die ionosfeer,[3] hoewel sommige bronne die iono- en die magnetosfeer as apart beskou.[2]

  1. "Magnetospheres". NASA Science (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2020.
  2. 2,0 2,1 Ratcliffe, John Ashworth (1972). An Introduction to the Ionosphere and Magnetosphere. CUP Archive. ISBN 978-0-521-08341-6.
  3. 3,0 3,1 "Ionosphere and magnetosphere". Encyclopedia Britannica. (2012). Encyclopedia Britannica, Inc.. 
  4. Van Allen, James Alfred (2004). Origins of Magnetospheric Physics. Iowa City, Iowa, USA: University of Iowa Press. ISBN 978-0-87745-921-7. OCLC 646887856.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search