Malawimeer

Malawimeer

Satellietbeeld van die Malawimeer

Kaart van die Malawimeer
Koördinate:12°11′S 34°22′O / 12.183°S 34.367°O / -12.183; 34.367
Ligging:Malawi, Mosambiek, Tanzanië
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:29 600 km² (11 400 myl²)[1]
Gemiddelde diepte:292 m[2] (958 vt)
Maksimum diepte:706 m[2] (2 316 vt)
Volume:8 400 km³[2] (2 000 myl³)
Lengte:560[1] (350 myl) tot 580 km[3] (360 myl)
Breedte:75 km[1] (47 myl)
Invloei:Ruhuhu[1]
Uitvloei:Shirerivier[1]
Eiland/e:Likoma, Chizumulu

Malawimeer, ook bekend as Lake Nyasa in Tanzanië en Lago Niassa in Mosambiek, is 'n Afrika-meer en die suidelikste meer in die Oos-Afrikaanse Skeurstelsel, geleë tussen Malawi, Mosambiek en Tanzanië.[4]

Kaart van die Groot Mere van Afrika:
Albertmeer (Lake Albert)
Edwardmeer (Lake Edward)
Kivumeer (Lake Kivu)
Kyogameer (Lake Kyoga)
Malawimeer (Lake Malawi)
Mwerumeer (Lake Mweru)
Rukwameer (Lake Rukwa)
Tanganjikameer (Lake Tanganyika)
Turkanameer (Lake Turkana)
Victoriameer (Lake Victoria)

Dit is die vierde grootste varswatermeer ter wêreld, die negende grootste meer ter wêreld volgens oppervlakte — en die derde grootste en tweede diepste meer in Afrika. Die Malawimeer is die tuiste van meer visspesies as enige ander meer, insluitend ten minste 700 spesies cichlidae.[5] Die Mosambiekse deel van die meer is op 10 Junie 2011 amptelik deur die regering van Mosambiek tot reservaat verklaar,[6] terwyl 'n gedeelte van die meer in Malawi in die Malawimeer Nasionale Park opgeneem is.[7]

Malawimeer is 'n meromiktiese meer, wat beteken dat die waterlae nie meng nie. Die permanente stratifikasie van Malawimeer se water en die oksi-anoksiese grens (wat verband hou met suurstof in die water) word gehandhaaf deur relatief klein chemiese en termiese gradiënte.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Malawi Cichlids". AC Tropical Fish (in Engels). Aquaticcommunity.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 2 April 2007.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Lake Malawi". World Lakes Database (in Engels). International Lake Environment Committee Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2013. Besoek op 2 April 2007.
  3. "Lake Nyasa". Columbia Encyclopedia Online (in Engels). Columbia University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2016. Besoek op 2 Augustus 2011.
  4. "Lake Nyasa" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 28 April 2020.
  5. (en) Turner, Seehausen, Knight, Allender, en Robinson (2001). How many species of cichlid fishes are there in African lakes?. Vol. 10: 793–806. Molecular Ecology.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. "Mozambique's Lake Niassa declared reserve and Ramsar site" (in Engels). WWF. 10 Junie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 17 Julie 2014.
  7. "Protected Areas Programme" (in Engels). United Nations Environment Programme, World Conservation Monitoring Centre, UNESCO. Oktober 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2008. Besoek op 26 Junie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search