Mannheim

Mannheim

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate 49°29′N 8°28′O / 49.483°N 8.467°O / 49.483; 8.467
 Stigting (eerste verwysing) 766
 Stadstatus 24 Januarie 1607
 Oppervlakte:  
 - Totaal 144,96 vk km
 Hoogte bo seevlak 97 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2011) 291 458[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 011/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Peter Kurz (SPD)
 Amptelike Webwerf mannheim.de

Die universiteitstad Mannheim is met ongeveer 291 000 inwoners die tweede grootste stad van die Duitse deelstaat Baden-Württemberg. Hierdie voormalige setel (1720-1778) van die historiese Rynlandse Keurvorstedom ((de) Kurpfalz) is die ekonomiese en kulturele sentrum van die Rhein-Neckar Europese Metropoolarea.

Mannheim word slegs deur die Ryn-rivier van sy susterstad Ludwigshafen am Rhein (165 000 inwoners) in die Duitse deelstaat Rynland-Palts geskei.

Die eerste skriftelike verwysing van Mannheim kom voor in die Kodeks van Lorsch vauit die jaar 766. Mannheim het in 1607 die stadsregte ontvang nadat keurvors Friedrich IV van die Palts die hoeksteen tot die bou van die vesting Friedrichsburg gelê het. Die stadsuitleg van die binnestad, met sy kenmerklike skaakbordpatroon, het tot vandag toe behoue gebly en word a.g.v. die kwadratiese vorm van die straatblokke die Kwadratestad genoem.

Sedert 1896 is Mannheim 'n beduidende handelstad en belangrike verkeersknoop tussen Frankfurt am Main en Stuttgart, onder andere met die tweede grootste spoorwegstasie in Duitsland, die lughawe City-Airport en een van die belangrikste binnelandse hawens in Europa.

'n Paar belangrike uitvindings het in Mannheim onststaan. Hier bou Karl Drais in 1817 die eerste twee-wiel "loopmasjien" (voorganger vir 'n trapfiets), in 1886 vaar die eerste motor van Carl Benz oor die strate[2] en in 1921 volg die eerste Lanz Bulldog-trekker vanuit die Heinrich Lanz AG-fabriek. Die Mannheimer Julius Hatry ontwikkel in 1929 die eerste vuurpyl-aangedrewe vliegtuig ter wêreld.

'n Andere bynaam vir Mannheim is Schiller-stad, na die digter Friedrich Schiller, wat in Mannheim sy deurbraak gemaak het.

  1. "destatis.de: Gemeinden in Deutschland nach Bevölkerung am 31.12.2011 auf Grundlage des Zensus 2011 und früherer Zählungen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 14 September 2013.
  2. Bertha Benz Memorial Route

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search