Maputo (provinsie)

Ligging van die provinsie in Mosambiek.

Maputo is die mees suidelike provinsie in Mosambiek. Die provinsie het sowat een miljoen inwoners (2006). Matola, met sowat 675,000 inwoners, is die hoofstad. Die gelyknamige Mosambiekse hoofstad Maputo vorm 'n enklawe in hierdie provinsie, wat as 'n aparte provinsie gereken word.[1] Die Matola-Maputo-hawekompleks bied 'n belangrike deurgang vir uitvoere uit Eswatini en die noordelike provinsies van Suid-Afrika. Matola se grootmaat-terminaal maak spesifiek voorsiening vir verskeping van aluminium, steenkool en graan.[2]

Die Corumanadam is die grootste opgaardam in die Sabierivier
  1. The Maputo City (as province), High Commission of the Republic of Mozambique Inhaca-eiland word ook by Maputostad eerder as die -provinsie gereken.
  2. Matola Bulk Terminal

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search