Maria II van Engeland

Maria II
Koningin van Engeland, Ierland en Skotland

Regeer 13 Februarie 168928 Desember 1694
Voorganger Jakobus II & VII
Opvolger Anna
Mede-monarg Willem III & II
Eggenoot Willem III & II
Huis Huis van Stuart
Vader Jakobus II & VII
Moeder Lady Anne Hyde
Gebore 30 April 1662; Sint James-paleis, Londen
Oorlede 28 Desember 1694; Kensington-paleis, Londen

Maria II (30 April 166228 Desember 1694) het van 1689 tot met haar dood regeer as koningin van Engeland, Ierland en Skotland. Sy was ’n Protestant wat dié lande se trone bestyg het ná die Glorious Revolution, wat gelei het tot die afsetting van haar Katolieke pa, Jakobus II en VII. Maria het saam met haar man en neef, Willem III en II, regeer. Willem het ná haar dood in 1694 alleenheerser geword. Daar word gewoonlik na hul gesamentlike bewind verwys as dié van "Willem en Maria".

Maria, die bloederfgenaam, het minder mag as haar man gehad terwyl Willem in Engeland was, hoewel hy swaar op haar geleun het. Wanneer Willem egter op een van sy militêre ekspedisies in die buiteland was, het sy haarself bewys as ’n magtige, ferm en doeltreffende heerser.[1]

  1. "Mary II". (11de uitg.). (1911). Londen: Cambridge University Press. 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search