Maria van Riebeeck

Maria van Riebeeck
Gebore
Maria de la Quellerie

28 Oktober 1629
Sterf2 November 1664 (op 35)
NasionaliteitNederland
Bekend virVrou van Jan van Riebeeck

Maria van Riebeeck (Rotterdam, 28 Oktober 1629 – Malakka, 2 November 1664) gebore Maria de la Quellerie as 'n dogter van Abraham Quevellerius (de la Quellerie), predikant te Rotterdam. Op 28 Maart 1649 trou sy op 19-jarige ouderdom in Schiedam met Jan van Riebeeck, stigter van Kaap de Goede Hoop, wat toe 29 jaar oud was.

Hulle gaan woon in die handelstad Rotterdam wat op daardie stadium 26 000 inwoners gehad het. Later trek hulle na Haarlem, Leiden en Amsterdam. Maria en Jan van Riebeeck het saam 8 kinders gehad waarvan die meeste op jong ouderdom oorlede is. Maria was een van die eerste Hugenote wat hulle in Kaap de Goede Hoop gevestig het. Sy sterf op 35-jarige ouderdom op 2 November 1664 in Malakka. Haar graf is steeds in die ruïnes van die Sint Pauluskerk in Malakka. Die oorspronklike grafsteen is gedurende 1910 na Kaapstad geneem. Tans is daar 'n gedenksteen op haar graf wat die inligting hier vervat.

Die Suid-Afrikaanse duikboot die SAS Maria van Riebeeck is na haar vernoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search