Marion-eiland

Marion-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Marion-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Marion-eiland
Geografie

Ligging Suid-Afrika, Indiese Oseaan
Koördinate 46°54′S 37°44′O / 46.900°S 37.733°O / -46.900; 37.733
Argipel Prins Eduard-eilande

Oppervlakte 290 vk km
Hoogste punt Mascarin Peak 1 242 m
Administrasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap

Marion-eiland (Engels: Marion Island) is 'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan en behoort sedert 1947 aan Suid-Afrika, sedert 1994 tot die provinsie Wes-Kaap en maak administratief deel uit van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit.

Die eiland is die grootste en suidwestelike van die twee Prins Eduard-eilande en huisves in teenstelling met die noordoostelike Prins Eduard-eiland 'n gletser. Die eiland is op 13 Januarie 1773 deur die Franse ontdekkingsreisiger Marc-Joseph Marion du Fresne ontdek en na hom genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search