Maroela Media

Maroela Media
Tipe webblad Nuus en kuierplek
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Geen
Eienaar Maroela Media (Edms) Bpk
Huidige status Aktief
URL maroelamedia.co.za

Maroela Media is 'n digitale mediahuis wat nuus en 'n verskeidenheid ander inligting in Afrikaans publiseer. Maroela Media het in Julie 2020 meer as 2,6 miljoen unieke besoekers gehad.[1] Maroela Media het in Julie 2020 ook meer as 26 miljoen bladsye in een maand bedien, met meer as 12 miljoen besoeke in een maand, wat dit die grootste Afrikaanse nuusplatform ter wêreld maak.[2]

Maroela Media het op 29 Julie 2011 sy digitale deure vir die publiek geopen. Die mediahuis het ten doel om 'n gemeenskap van Afrikaanssprekendes op die internet te skep. Dit is deel van die Solidariteit Beweging en word gefinansier deur Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die Dagbreek Trust.[3] Maroela Media se redaksionele beleid strook met die doelwitte van die Solidariteit Beweging.[4]

Maroela Media publiseer 24 uur per dag nuus, elke dag van die jaar. Nuusberigte is die gewildste van alle inhoud wat op Maroela Media gepubliseer word. Ander inhoud sluit in sportnuus, resepte, Afrikaanse woorde, Afrikaanse uitdrukkings en taalwenke, nuus uit die vermaakwêreld, goeie nuus, geestelike artikels, tegnologie- en motornuus, rubrieke van meningsvormers in die Suid-Afrikaanse samelewing en lesersbriewe.

Maroela Media het 'n sterk Christelike fondasie en 'n streng redaksionele beleid. Kommentaar op Maroela Media word streng gemodereer om te voldoen aan die bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname.

Maroela Media se radioproduksiehuis, Draadloos, verskaf programinhoud gratis aan Afrikaanse gemeenskapstasies, insluitend ʼn jaarlikse radiovervolgverhaal. Die mediahuis bied ook opleidingsgeleenthede en bevorder onderlinge samewerking tussen radiostasies. Vanaf November/Desember 2014 is daar ook twee radiostasies in die buiteland wat van dié programinhoud gebruik maak. Teen 2020 maak meer as 62 gemeenskapsradiostasies gebruik van Maroela Media se programinhoud.

Maroela Media het in 2013 saam met Etiket Brand Design 'n silwer Pendoring ontvang as Beste Geïntegreerde Veldtog.[5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mybroadband
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named maroela
  3. "Primedia Online, Maroela forging into changing media landscape", Bizcommunity.com, 27 Junie 2012
  4. "AfriForum makes its play in the battle for the hearts and minds of farmers", News24.com, 3 Maart 2019
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named maroela2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search