Marteragtiges

Marteragtiges
Tydperk: 15–0 m. jaar gelede
Mustela frenata
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Superfamilie: Musteloidea
Familie: Mustelidae
G. Fischer de Waldheim. 1817.
Tipegenus
Mustela
Linnaeus, 1758
Subfamilies

Sien teks.

Die roofdierfamilie marteragtiges (Mustelidae) sluit 'n groot aantal diere soos marters, wesels, hermelyne, stinkdiere, Amerikaanse muishonde, otters, ratels en Europese dasse in. Oor die algemeen het hierdie diere lang liggame, kort pote en spits snoete.

Die veelvraat,Gulo gulo, Mustelidae

Hoewel hulle op grond van hul gebit as roofdiere beskou word, vreet baie marteragtiges naas vleis ook aas en plantaardige kos. 'n Aantal marteragtiges word op relatief groot skaal vir hul pels gejag en spesies soos byvoorbeeld die nerts is reeds oor die grootste deel van sy oorspronklike verspreidingsgebied uitgeroei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search