Masai

Masai

’n Masai-dans, Kenia.
Totale bevolking: Sowat 1,64 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Kenia Kenia
Vlag van Tanzanië Tanzanië
Taal: Masai (ɔl Maa)
Geloofsoortuiging: Masai-mitologie, Christendom
Verwante etniese groepe: Ander Nilo-Sahariese volke soos Dinka, Kanuri, Luo en Nuer

Die Masai is ’n Nilotiese etniese groep wat in Suid-Kenia en Noord-Tanzanië voorkom. Hulle is van die bekendste plaaslike bevolkings omdat hulle naby die Groot Mere van Afrika woon, asook danksy hul besonderse gebruike en kleredrag.[1] Hulle praat Masai (ɔl Maa),[1] ’n lid van die Nilo-Sahariese taalfamilie. Hulle kry ook onderrig in die amptelike tale van Kenia en Tanzanië, Swahili en Engels. Die bevolking in Kenia was in die 2009-sensus sowat 841 622,[2] in vergelyking met 377 089 in die 1989-sensus.[3]

Die Tanzaniese en die Keniaanse regering het programme ingestel om die Masai se tradisoneel semi-nomadiese leefstyl te ontmoedig, maar die groep verkies hul eeue oue gebruike.[4] Die wêreldwye welsynorganisasie Oxfam het onlangs beweer die Masai se leefstyl moet aangemoedig word as ’n antwoord op klimaatsverandering vanweë hul vermoë om kos in woestyne en struikvelde te vervaardig.[5] Baie Masai-stamme verwelkom besoekers aan hul dorpies sodat hulle hul kultuur, gebruike en leefstyl kan ervaar.[6]

  1. 1,0 1,1 Maasai – Introduction Jens Fincke, 2000–2003
  2. "2009 Population & Housing Census Results" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Desember 2010. Besoek op 28 Desember 2016.
  3. Kenya – Population Distribution
  4. The Last of the Maasai. Mohamed Amin, Duncan Willetts, John Eames. 1987. Bl. 122. Camerapix Publishers International. ISBN 1-874041-32-6
  5. "Maasai 'can fight climate change'". BBC News (in Engels). 18 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  6. "Visiting a Maasai Village". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011. Besoek op 28 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search