Mbulaeni Mulaudzi

Mbulaeni Mulaudzi in 2008

Mbulaeni Mulaudzi (8 September 198024 Oktober 2014) was 'n Suid-Afrikaanse 800 m atleet. Hy was 'n wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner. Hy het die binnenshuise wêreldtitel in 2004 verower en die buitenshuise titel in 2009. Hy het sy silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2004 verower. Mulaudzi het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[1] Hy was ook die Statebondspele-kampioen van 2002.

Hy is in 2014 op 34-jarige leeftyd in 'n motorongeluk naby Witbank, Mpumalanga, oorlede.[2]

  1. Lombaard, Larry (12 Augustus 2004). "Mulaudzi to carry the SA flag" (in Engels). Independent Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 5 Augustus 2016.
  2. SA Olympic athlete killed in car crash

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search