McMurdo-stasie

McMurdo-stasie in November 2003

Die McMurdo-stasie is 'n Amerikaanse navorsingstasie in Antarktika aan die suidpunt van Rosseiland, wat in die Nieu-Seelands geëisde Ross-Afhanklikheid, aan die oewer van McMurdo Sound in Antarktika geleë is. Dit word deur die Verenigde State bedryf deur die Amerikaanse Antarktiese Program, 'n tak van die National Science Foundation. Die stasie is die grootste gemeenskap in Antarktika wat tot 1 258 inwoners kan ondersteun, [1]en dien as een van drie Antarktiese wetenskapfasiliteite van die Verenigde State. Al die personeel en vrag wat van die Amundsen–Scott South Pole Station af kom of deurkom, beweeg eers deur McMurdo. McMurdo is drie kilometer per pad van die kleiner Scott Base van Nieu-Seeland af geleë.

  1. "4.0 Antarctica - Past and Present" (in Engels). National Science Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search