Melville

Melville
Melville is in Gauteng
Melville
Melville
 Melville se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°10′33″S 28°0′32″O / 26.17583°S 28.00889°O / -26.17583; 28.00889
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
 • Totaal1,72 km2 (0,66 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal3 355
 • Digtheid1 951/km2 (5 050/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense55,6%
 • Indiërs/Asiërs5,2%
 • Bruin mense3,2%
 • Swart mense33,4%
 • Ander2,7%
Taal (2011)
 • Engels 50,5%
 • Afrikaans 22,7%
 • Zoeloe 6,5%
 • Tswana 4,5%
 • Ander 15,8%
Poskode (strate)
4449
Poskode (posbusse)
4450
Die NG gemeente Melville (Melville-kruiskerk) se gebou op die hoek van Vierde Laan en Vierde Straat.
Die ou Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord, nou 'n Sewendedagadventistekerk.

Melville is 'n boheemse voorstad sowat 5 km wes van Johannesburg se middestad waar sommige van die Goudstad se gewildste kuierplekke geleë is. Melville se kroeë en restaurante lok veral studente van die Universiteit van Johannesburg se nabygeleë Aucklandparkkampus asook studente van die Universiteit van die Witwatersrand in naburige Braamfontein.

In teenstelling met die meeste ander noordelike voorstede is Melville saam met Parkhurst en Greenside een van min plekke waar koffiehuise, restaurante en winkels langs strate geleë en nie tot winkelsentrums beperk is nie. Sy besondere atmosfeer en sy ligging naby die historiese voorstad Sophiatown maak van Melville ook 'n toeristetrekpleister. Die Melvillekoppies, golwende heuwels temidde van 'n grasveld in die gelyknamige natuurreservaat, is nie net 'n belangrike opgrawingsplek nie, maar bied ook 'n goeie uitsig oor Johannesburg.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Melville". Sensus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search