Mesonychia

Mesonychia
Tydperk: 63–34 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
(geen rang):
Ferae
Superorde:
Orde:
†Mesonychia
Familia
  • †Hapalodectidae
  • †Mesonychidae
  • (†Triisodontidae, sien teks)

Mesonychia is 'n orde van uitgestorwe soogdiere. Die meeste het soos wolwe gelyk, maar van hulle was kleiner soos vosse or groter soos 'n beer. Hulle het in die midde-Paleoseen verskyn op die noordelike kontinente en hulle het in Noord-Amerika ongeveer 37 miljoen jaar gelede uitgesterf, in Asië effens later (~34 mj).

Hulle liggame het baie soos die wolwe s'n gelyk. Hulle het ook soos wolwe op hule tone geloop, maar hierdie het hoewe. Hulle het 'n swaar stewige skedel en skerp hoektande. Die kiestande was enorm en het 'n ronde top. Dit was dalk om beendere te verbrysel. [1]

Die bekendste lede is die Hapalodectidae soos Hapalodectes, wat moontlik 'n akwatiese lewenswyse gehad het en die Mesonychidae (19 genusse) soos Sinonyx, Mesonyx en Dissacus . 'n Derde familie word soms tot die Mesonychia gereken, die Triisodontidae.

Andrewsarchus word dikwels ook as lid van die Mesonychia beskou, maar was waarskynlik nie verwant nie.

  1. Mesonychids Donald ProtheroEcyclopedia of Paleontology 1999.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search