Metaalos (astrologie)

辛丑

Die Metaalos (辛丑, xīnchǒu) is die 38ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agtste Hemelstam (辛, xīn; die element Metaal en Jin) met die tweede Aardtak (丑, chǒu), gesimboliseer deur die Os (牛, niú).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalosjaar het in 1961 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 15 Februarie 1961 tot 4 Februarie 1962.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search