Metaalvark (astrologie)

辛亥

Die Metaalvark (辛亥, xīnhài) is die 48ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agste Hemelstam (辛, xīn) – die element Metaal en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalvarkjaar het in 1971 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 27 Januarie 1971 tot 4 Februarie 1972.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search