Miguel de Cervantes

Miguel de Cervantes
Miguel de Cervantes Saavedra (Retratos de Españoles Ilustres, 1791).
Gebore
Miguel de Cervantes Saavedra

29 September 1547
Sterf23 April 1616 (op 68)
Madrid, Spanje
NasionaliteitVlag van Spanje Spanje
BeroepRomanskrywer, digter, dramaturg en soldaat
Bekend virDon Quixote
Entremeses
Novelas ejemplares
Handtekening

Miguel de Cervantes Saavedra (* 29 September 1547 in Alcalá de Henares (by Madrid); † 23 April 1616 in Madrid) was 'n Spaanse romanskrywer, digter, dramaturg en soldaat. Hy is veral bekend vir sy roman Don Quixote de la Mancha, een van die belangrikste Europese letterkundige werke.[1]

Sy hele lewe lank was hy arm en deur die ongeluk gevolg. In die Slag van Lepanto in 1571 verloor hy sy regterarm, byvoorbeeld, en in 1575 word hy gevange geneem deur seerowers van Algiers en vyf jaar lank aangehou alvorens sy losprys betaal is. Sy bekendste werk is Lewe en dade van die skerpsinnige edelman Don Quijote van La Mancha (El Ingenioso Hidalgo Don Quijote de la Mancha). Cervantes se invloed op die Spaanse taal was enorm en Heinrich Heine het gemeen, dat Cervantes slegs met William Shakespeare en Johann Wolfgang von Goethe vergelyk kan word. Hy word afgebeeld op Spaanse Euromunte van 10, 20 en 50 sent.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search