Minister

'n Minister is 'n politikus (manlik of vroulik) wat aangestel is/was in 'n sekere kabinet van 'n land se regering.

Die regering van 'n land is gewoonlik die gesamentlike verantwoordelikheid van die president of eerste minister, en 'n groep ministers wat saam die kabinet vorm. Die ministers in die kabinet, gewoonlik die mees bekwame of senior parlementslede, word deur die regering se uitvoerende hoof – die president of eerste minister – gekies en aangestel.

Elke minister is verantwoordelik vir een of meer aspekte van die regering se spektrum, byvoorbeeld gesondheid, onderwys, finansies, landbou, waterwese, polisie en verdediging.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search