Misdaadroman

'n Genre-boekwinkel in Berlyn, Duitsland

Die misdaadroman (dikwels ook speurroman, speurverhaal of spanningsroman genoem) is 'n literêre genre wat gewoonlik 'n misdaad en sy ondersoek en vervolging deur die polisie, 'n professionele speurder of 'n privaat persoon behandel. Die genre is oorspronklik in sommige taalgebiede, onder meer in Duitsland,[1] by die "lae" literatuur gereken, maar is vanweë sy storie-elemente en sy psigologiese diepsinnigheid lankal eweneens deur literêre skrywers benut sodat die ou grense tussen die tipies voorspelbare ontspanningsliteratuur en die hoë genre vervaag het.[2] So word speurromans uit die pen van Arthur Conan Doyle, Agatha Christie en die Belgiese skrywer Georges Simenon onder die meesterwerke van die Engelse, Franse en wêreldliteratuur gereken. Die swaartepunte en sienswyses van misdaadromans strek oor 'n wye spektrum en maak 'n indeling in 'n aantal subgenres noodsaaklik.

  1. Peter Nusser: Der Kriminalroman. Tweede hersiene en uitgebreide uitgawe. Stuttgart: Metzler 1992, bl. 10
  2. "Chris van der Merwe: Etienne van Heerden – Kikoejoe. In: LitNet – LeesKringe". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2006. Besoek op 6 Junie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search