Mitochondrium

Mitochondria is silindervormige, hol stafies wat oral in die sitoplasma van alle selle, behalwe bakterieë, blou-groen wiere en rooibloedliggame, aangetref word. Hulle kom in wisselende hoeveelhede voor, maar hul getalle vermeerder as die energiebehoeftes van 'n sel toeneem. Daar kan tot 500 000 mitochondria in een sel aanwesig wees. Hulle vertoon 'n verskeidenheid groottes en vorme, selfs in dieselfde sel. Dit is gewoonlik 'n dubbelwandige struktuur waarvan die buitewand uit 'n gladde membraan bestaan. Die binnewand vertoon egter in 'n dwarssnee 'n groot aantal voue wat na binne gerig is. Dit word kristas genoem. Die holte van die mitochondria is met 'n halfvloeibare materiaal aangevul.

Plantselle besit minder mitochondria as dierselle, aangesien hul energiebehoeftes laer is en die metaboliese prosesse 'n stadiger tempo handhaaf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search