Moses Mabhidastadion

Moses Mabhidastadion
Die Moses Mabhida-stadion in 2014

Ligging Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Koördinate 29°49′44″S 31°01′49″O / 29.82889°S 31.03028°O / -29.82889; 31.03028
Eienaar eThekwini (Durban Metropolitaanse UniCity)
Kapasiteit 54 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 2006
Geopen 28 November 2009
Boukoste R3,4 miljard
($450 miljoen)
Argitek Gerkan, Marg and Partners Theunissen Jankowitz Durban, Ambro-Afrique Consultants, Osmond Lange Architects & Planners, NSM Designs, Mthulisi Msimang
Huurders
AmaZulu FC
Proteas
Statebondspele 2022

Die Moses Mabhidastadion is 'n stadion in Durban, Suid-Afrika, wat na Moses Mabhida, 'n voormalige sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, genoem is. Dit is deur die multinasionale Amerikaanse ingenieursonderneming AECOM ontwerp.[1]

Dit was een van die gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het tydens die Sokker-Wêreldbeker 'n kapasiteit van 62 760 gehad.[2] Die stadion is aangrensend aan die Kings Park-stadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut, en 'n treinstasie.

  1. (en) AECOM.com: Projects – Moses Mabhida Stadium. Besoek op 30 April 2020
  2. (en) FIFA.com – Durban Stadium Geargiveer 5 Desember 2013 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search