Mosie Suzman

Helen Gavronsky tree op 12 Augustus 1937 in die Groot Sinagoge in Wolmaransstraat, Johannesburg, in die huwelik met dr. Mosie Suzman.

Dr. Moses Meyer (Mosie) Suzman (Johannesburg, 6 Maart 1904Johannesburg, 11 Julie 1994) was ’n Suid-Afrikaanse mediese spesialis. Hy het nog tot in sy tagtigerjare in sy tuisstad gepraktiseer. Buiten sy eie uitnemende loopbaan, was hy ook bekend as die eggenoot van seker Suid-Afrikaanse se beroemdste Volksraadslid, Helen Suzman, wat die kiesafdeling Houghton van 1958 tot 1989 vir vier verskillende partye verteenwoordig het nadat hy haar in 1957 gevra het om haar beskikbaar te stel vir benoeming. Wanneer die parlement in sitting was, het mev. Suzman al om die ander naweek opgevlieg Johannesburg toe om twee dae saam met hom deur te bring.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search