NG gemeente Peddie

In die loop van die sewentiger- en tagtigerjare het talle NG gemeentes gesluit wat deels of heeltemal in die omliggende tuislande geleë was: Butterworth, Pondoland, Du Plessis, Greykerk, Alice, Komga en Peddie.
Ds. W.A. Joubert, eerste leraar van Victoria en Peddie van 1872 tot 1878.
Ds. B.B. Keet, tweede leraar van Victoria en Peddie van 1879 tot 1898.
Ds. J.P. Kriel, leraar Victoria en Peddie van 1898 tot 1920. Peddie-lidmate het eers ná sy vertrek begin werk vir 'n afsonderlike gemeente omdat daar tussen hulle en ds. Kriel 'n sterk liefdesband bestaan het.

Die NG gemeente Peddie was 'n klein gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met as middelpunt die dorp Peddie in wat teen die einde van die gemeente se bestaan die sogenaamde onafhanklike tuisland Ciskei was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search