NG gemeente Vereeniging

Die NG moederkerk in Vereeniging. Die hoeksteen is in Oktober 1926 gelê en die argitek was Gerard Moerdyk (volgens die inskripsie op die hoeksteem).
Ds. H.E. Steyn is in September 1911 (2 Junie 1884 - 21 Mei 1956[1]) gevra om na die NG gemeente Heidelberg te gaan met die oog op die moontlike afstigting van Vereeniging. Die gedagte was dat hy op Heidelberg sou bly dien as Vereeniging hom nie beroep nie. So is hy op 20 April 1912 as Heidelberg se tweede hulpprediker bevestig.
Die vooraansig van die kerkgebou.
Die ou NG kerk in Vereeniging omstreeks 1917.
Ds. Piet du Toit was leraar van Vereeniging van Maart 1951 tot hy in 1967 'n beroep aangeneem het na die NG gemeente Drieankerbaai, waar hy op 21 Junie 1989 in die amp oorlede is.
Ds. K.D. Struwig, medeleraar van 1958 tot 1961.
Ds. J.P.J. Smit, leraar van 1982 tot sy aftrede in 1992.
Gedenksteen vir die gemeente se eerste leraar, ds. H.E. Steyn.

Die NG gemeente Vereeniging is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig op 16 Maart 1912 en is die moeder van al die NG gemeentes in die stad Vereeniging asook die aanliggende Vanderbijlpark en Meyerton. Anders as op Vanderbijlpark, waar sewe gemeentes die naam van die dorp dra, byvoorbeeld NG gemeente Vanderbijlpark-Noord en -Tuine, was Vereeniging reeds teen 2010 al gemeente wat die stad se naam gedra het, nadat Vereeniging-Oos se naam verander het na Kerk tussen die Mielielande en Vereeniging-Suid by die moedergemeente ingelyf is. Vereeniging-Wes het reeds jare gelede De Deur geword.

  1. Besonderhede op Geni.com

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search