Nahoonrivier

Nahoonrivier
Xhosa: Nxaruni
Stroomgebied Oos-Kaap
Oorsprong Amatholeberge
Monding Indiese Oseaan
Monding-hoogte 1 m
Ligging van Nahoonrivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
Nahoonrivier
Nahoonrivier
Koördinate: 32°59′0″S 27°57′5″O / 32.98333°S 27.95139°O / -32.98333; 27.95139

Die Nahoonrivier is 'n rivier in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die rivier en die Nahoondam (32°54′36″S 27°48′55″O / 32.91000°S 27.81528°O / -32.91000; 27.81528) voorsien sommige van die water aan Oos-Londen en omgewing.

Dit loop oos van die Buffelsrivier en die hawe, en wes van die Gonubierivier. Die voorstad Nahoon lê op sy weste-oewer en Beacon Bay op die ooste-oewer.

Die rivier vloei deur 'n strandmeer en Afrika se suidelikste wortelboommoeras wat by 32°59′0″S 27°57′0″O / 32.98333°S 27.95000°O / -32.98333; 27.95000 in die Indiese Oseaan uitmond. Oorkant die monding is die Nahoonrif wat baie gewild is vir branderplankry en ook bekend is vir aanvalle deur witdoodshaaie op ryers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search