Namibiese nasionale rugbyspan

Namibië
Unie Namibiese Rugbyunie (NRU)
Bynaam(e) Welwitschias
Embleem die visarend
Stadion Hage Geingob Rugbystadion, Windhoek
Kapasiteit 10 000
Afrigter(s) Vlag van Suid-Afrika Allister Coetzee (sedert 2021)
Kaptein(s) Johan Deysel
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Eugene Jantjies (70)[1]
Meeste toetspunte Theuns Kotzé (430)[2]
Meeste drieë JC Greyling (29)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Suid-Afrika Suidwes-Afrika 0–9 Britse en Ierse Leeus
(Windhoek, Namibië; 5 Julie 1955)
Vlag van Namibië Namibië 33–18 Zimbabwe Vlag van Zimbabwe
(Windhoek, Namibië; 21 Maart 1990)
Grootste oorwinning
Vlag van Namibië Namibië 118–0 Tunisië Vlag van Tunisië
(Windhoek, Namibië; 23 Junie 2018)
Grootste nederlaag
Vlag van Australië Australië 142–0 Namibië Vlag van Namibië
(Adelaide, Australië; 25 Oktober 2003)
Wêreldbeker
Verskynings 7/10 (Eerste in 1999)
Beste uitslag Vierde in groep in 2019
Unie webwerf
www.nru.com.na

Die Namibiese nasionale rugbyspan is die nasionale rugbyspan wat Namibië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Namibië geadministreer deur die Namibiese Rugbyunie (NRU) wat in 1990 gestig is. Hulle dra die bynaam Welwitschias, genoem na die Welwitschia. Namibië word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Namibiese rugbyspan is tans (Januarie 2024) 22ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span word as die naasbeste Afrikarugbyspan ná die Suid-Afrikaanse Springbokke beskou.

Rugby in Namibië dateer uit die Suid-Afrikaanse besetting van die destydse Suidwes-Afrika en word sedertdien sterk deur dié suidelike buurland beïnvloed. Van 1954 af het die Suidwes-Afrikaanse keurspan deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Curriebeker en sedert 1955 het hulle in die hoofstad Windhoek ook nasionale spanne verwelkom, wat Suid-Afrika besoek het. In 1990 het hulle kort ná die Republiek van Namibië se onafhanklikwording in 1990 in hul eerste toetswedstryd gespeel. Namibië het tot dusver vir sewe van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer, maar hulle is elke keer in die eerste rondte uitgeskakel. Hulle het tydens die Afrikabeker nege titels ingepalm en twee keer as naaswenner geëindig. Die Namibiese span speel tradisioneel in donkerblou truie met wit broeke en helderblou sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 28 Januarie 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 28 Januarie 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 28 Januarie 2024.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 28 Januarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search