Namibwoestyn

Namibwoestyn*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ligging in suidwestelike Afrika
Ligging van Namibwoestyn op 'n kaart (Namibië)
Namibwoestyn
Namibwoestyn
Ligging van die Namibwoestyn in Namibië
Koördinate: 24°45′07″S 15°16′35″O / 24.75194°S 15.27639°O / -24.75194; 15.27639
Lande Vlag van Namibië Namibië
Tipe Natuur
Kriteria vii, viii, ix, x
Verwysings 1430
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2013  (37ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Namibwoestyn is 'n sanderige gebied in westelike Namibië en suidwestelike Angola. Dit is geleë in Suider-Afrika. Sedert 21 Junie 2013 word groot dele van die woestyn deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Die Namib, aan die Weskus van Suider-Afrika, is 'n woestyn met ’n lengte van ongeveer 1 900 km en ’n breedte wat wissel van 24 tot 140 km. Die Weskus van Namibië vorm die grootste deel daarvan.

Vanweë die heersende antisiklonale windstelsel reën dit byna nooit nie, maar ligte seewinde wat snags oor die koue Benguela-stroom na die binneland waai, is verantwoordelik vir die vorming van mis langs die kus. Hierdie mis is lewensnoodsaaklik vir die flora en fauna van die gebied.

Die Namib word op grond van sy geomorfologie in vyf streke onderverdeel – die Suidelike Namib, die duineveld, die Damara-Namib, die Kaoko-Namib en die Angola-Namib. Baie ou geologiese formasies kom in die Namib voor en 'n deel van die woestyn bestaan uit hoë duine. 'n Betreklik ryk en gespesialiseerde fauna word in die Namib aangetref.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search