Napalm

'n Ecuadorse Lugmag IAI Kfir-vliegtuig stort napalm op 'n teiken tydens "Blue Horizon", 'n gesamentlike VSA-Ecuadorse militêre oefening.

Napalm is 'n verdikkingsmiddel wat tipies met petrol of 'n soortgelyke brandstof vermeng word vir gebruik in militêre operasies — merendeels as 'n anti-personeel wapen. Dit word meestal gebruik in brandbomme en word gevrees weens die ernstige brandwonde wat dit by mense en diere veroorsaak. Die term napalm is 'n samestelling van die aanvanklik-vermeende bestanddele, naamlik nafteensuur en palmitiensuur as die palmitaat. Dit sou egter blyk dat die nafteen-palmitaat wat in die vervaardiging van die eerste napalm gebruik is, oor 'n bykomende substansie beskik het. Nietemin is die benaming behou.

"Napalm B" is die meer moderne weergawe van napalm, en ten spyte van die opvallende verskil in chemiese samestelling, staan dit ook dikwels as "napalm" bekend.[1] In die omgangstaal is napalm gebruik as 'n generiese naam vir verskeie ontvlambare vloeistowwe met aanwendings in oorlogvoering, merendeels petrol in jelvorm, soos wat uitgewerp word deur vlamwerpers in infanterie- en gemeganiseerde oorlogvoering.[1]

  1. 1,0 1,1 Globalsecurity.org artikel

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search