Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes

Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes
Tipe Staatsinstelling
Gestig 1 Desember 2002[1]
Hoofkantoor Johannesburg, Suid-Afrika
Sleutelpersone
  • Prof Adrian Puren - Waarnemende uitvoerende direkteur
  • Dr Natalie Mayet - Adjunkdirekteur
Gebied bedienSuid-Afrika, SAOG, res van Afrika.
IndustrieMediese navorsing
DiensteKennis en kundigheid van oordraagbare siektes
MoedermaatskappyNasionale Gesondheidslaboratoriumdiens
Webwerfwww.nicd.ac.za

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) (Engels: National Institute for Communicable Diseases) is die nasionale openbare gesondheidsinstituut van Suid-Afrika,[2] wat verwysing verskaf na mikrobiologie, virologie, epidemiologie, mediese toesig en openbare gesondheidsnavorsing om die regering se reaksie op bedreigings weens oordraagbare siektes te ondersteun.

Die NIOS dien as 'n bron van kennis en kundigheid van oordraagbare siektes aan die Suid-Afrikaanse regering, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande en die res van Afrika. Die instelling is behulpsaam met die beplanning van beleid en programme om oordraagbare siektes te bekamp en daarop te reageer.[3]

Die hoofdoel van die NIOS is om die nasionale orgaan vir Suid-Afrika te wees vir openbare gesondheidstoesig oor oordraagbare siektes.[3]

Op 1 Desember 20002 is die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes onder die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens gestig. Dit het tot stand gekom deur die samesmelting van die Nasionale Instituut vir Virologie, die Virologie Laboratoria en Openbare Gesondheid Mikrobiologie Laboratoria van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing (SAIMR).[1]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NHLS
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gov
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named About

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search