Nederduitse Gereformeerde Kerk

Die Groote Kerk-gebou in 2009. Dit huisves NG gemeente Kaapstad, die oudste in die land, maar die gebou van die NG gemeente Paarl is die oudste wat steeds as kerkgebou gebruik word.

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (afgekort N.G. Kerk of NGK) is die oudste Kerk in Suid-Afrika en 'n lid van die Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, asook die oudste van die Drie Susterkerke. Die NGK het in 2008 1 162 gemeentes gehad in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Botswana en Londen geleë. Talle jonger kerke het reeds uit die sendingwerk van die NG Kerk gegroei soos Malawi, Nigerië en Portugal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search