Nederlandse gulden

Tien gulden van1930
'n 2,5 Gulden-munt

Die Nederlandse gulden (simbool fl of ƒ vir floryn) was vanaf 1816 tot 2002 die Nederlandse geldeenheid en wettige betaalmiddel.

In die 14de en 15de eeue is na goue munte algemeen as gulden verwys. Vanaf die einde van die 17de eeu was die gulden 'n silwermuntstuk wat in verskeie Nederlandse provinsies in omloop was, saam met ander munteenhede soos die dukaat en die rijksdaalder.

In 1816 is 'n desimale geldstelsel in Nederland ingevoer met die gulden as hoofeenheid. Tussen 1789 en 1965 was die waarde van die gulden ongeveer twee sjieling of R 0,20. Volgens van Gelder was daar in die laaste jare van die 18de eeu 11 12 gulden in die Britse pond, en volgens die wisselkoerse wat in 1965 deur die Amerikaanse regering gepubliseer is, was daar 9,8 gulden in die Britse pond (R1 = fl 4,90)[1][2]

Op 1 Januarie 2002 is die gulden met die Europese Unie se Euro vervang. Die waarde van die gulden is op 0,453780216 Euro vasgestel. Toe was daar 3,61 gulden in die Britse pond (R1 = fl 0,207).[3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named vanGelder
  2. "Treasury Reporting Rates of Exchange as of March 31, 1965" (PDF) (in Engels). United States: Treasury Department, Fiscal Service, Bureau of Accounts. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 16 Mei 2014.
  3. "Current and Historical Rate Tables" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 16 Mei 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search