Nederlandse nasionale krieketspan

Nederland
Kenteken van die Nederlandse nasionale krieketspan
BynaamOranje, “vlieënde Nederlanders”
KonferensieKoninklike Nederlandse Krieketbond (KNCB)
Personeel
EDI-kapteinScott Edwards
T20I-kapteinScott Edwards
AfrigterVlag van Suid-Afrika Ryan Cook
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1966)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI14de11de (2 Mei 2021)
T20I15de10de (8 Junie 2009)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Reliance-stadion, Vadodara; 17 Februarie 1996
Laaste EDIt Vlag van Nepal Nepal op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur; 25 Februarie 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]12743/78 (33,85%)
(2 gelykop, 4 onbeslis)
Vanjaar[3]42/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings5/13 (eerste in 1996)
Beste uitslagGroepfase (in 1996, 2003, 2007, 2011 en 2023)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
12 (eerste in 1979)
Beste uitslagKampioen (in 2001)
Kampioenetrofee-verskynings1/9 (eerste in 2002)
Beste uitslagGroepfase (in 2002)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Kenia Kenia op Stormont, Belfast; 2 Augustus 2008
Laaste T20It Vlag van Sri Lanka Sri Lanka op Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet; 16 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]11154/51 (48,64%)
(2 gelykop, 4 onbeslis)
Vanjaar[5]135/7
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings6/9 (eerste in 2009)
Beste uitslagTweede rondte (in 2014 en 2022)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
8 (eerste in 2008)
Beste uitslagKampioen (in 2008, 2015 en 2019)
EDI-klere
T20I-klere

Die Nederlandse nasionale krieketspan (Nederlands: Nederlands cricketelftal), met die byname Oranje en “vlieënde Nederlanders”, is die nasionale krieketspan wat Nederland in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Nederland deur die Koninklike Nederlandse Krieketbond (KNCB, van Nederlands: Koninklijke Nederlandse Cricket Bond) beheer. Nederland speel sy tuiswedstryde op die VRA-krieketveld in Amstelveen, net buite Amsterdam, en het tydens die Krieketwêreldbeker 1996 in Suid-Asië sy eerste verskyning gemaak. Saam met Skotland is Nederland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale krieketspanne na die toetslande Engeland en Ierland.

Krieket word sedert die 18de eeu in Nederland gespeel en was reeds in die 1860’s ’n gewilde sport in dié land. Ander sportsoorte – veral sokker – het intussen onder Nederlanders meer gewild geword en krieket verbygesteek; tans is daar sowat 6 000 krieketspelers in Nederland. Die eerste nasionale vereniging, die voorloper van die huidige Koninklike Nederlandse Krieketbond, is in 1883 gestig, en in 1966 is assosiaatstatus deur die Internasionale Krieketraad aan Nederland toegeken. Die Nederlandse nasionale krieketspan het tot dusver aan elke krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi deelgeneem; hulle het die 2001-toernooi in Kanada gewen en was drie keer die naaswenner (in 1986, 1990 en 2023). Hulle het ook aan vyf krieketwêreldbekertoernooie (in 1996, 2003, 2007, 2011 en 2023) deelgeneem, en vanaf 1996 het die nasionale span aan die plaaslike Engelse NatWest-trofee, asook sy opvolger, die C&G-trofee, deelgeneem. Tydens die Krieketwêreldbeker 1999 is een wedstryd, dié tussen Suid-Afrika en Kenia, op Nederlandse bodem gespeel, maar die Nederlandse span self het nie aan dié toernooi deelgeneem nie. In 2004 het hulle eersterangse krieket in die Interkontinentale beker gespeel, gelykop gespeel teen Skotland in Aberdeen en in Deventer met ’n beurt teen Ierland verloor.

Nederland het van 1 Januarie 2006 tot 1 Februarie 2014 EDI-status geniet.[6] Hulle het in Junie 2014 hul T20I-status herwin nadat hulle in 2008 hul eerste wedstryd in hierdie formaat gespeel het.[7] Nederland het sy EDI-status ná afloop van die krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi in Maart 2018 herwin. Hulle het hierdie status ná hul oorwinning tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2015–17 en hul gevolglike kwalifisering vir die EDI-liga 2020–22 verkry, en sal hierdie status tot die krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi in 2026 behou.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Nederland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[8] Nederland is tans (Junie 2024) 14de op die eendagranglys en 15de op die Twintig20-wêreldranglys.[9][10]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Netherlands, Kenya and Canada lose ODI status". ESPNcricinfo. 1 Februarie 2014. Besoek op 19 Junie 2024.
  7. (en) "Nepal, Netherlands get T20 international status". ESPNcricinfo. 28 Junie 2014. Besoek op 19 Junie 2024.
  8. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 19 Junie 2024.
  9. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 19 Junie 2024.
  10. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 19 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search