Nepal

Federale Demokratiese Republiek Nepal
सङ्घीय लोकतान्त्रिक गणतन्त्र नेपाल (Nepalees)
Sanghiya Loktāntrik Ganatantra Nepāl
Vlag van Nepal Embleem van Nepal
Vlag Embleem
Nasionale leuse:
जननी जन्मभूमिश्च स्वर्गादपि गरीयसी
Janani Janmabhumishcha Swargadapi Gariyasi
(Sanskrit vir: "Jou moeder en vaderland is belangriker as die hemel")
Volkslied: सयौँ थुँगा फूलका
Sayaun Thunga Phulka
(Sanskrit vir: "Gemaak van honderde blomme")
Ligging van Nepal
Hoofstad Katmandoe

28°10′N 84°15′O / 28.167°N 84.250°O / 28.167; 84.250

Grootste stad Katmandoe
Amptelike tale Nepaleesa; Bhojpuri, Maithili en Newarib
Regering Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Ram Chandra Poudel
Ram Sahaya Yadav
KP Sharma Oli
Onafhanklikheid
Vereniging
• Koninkryk uitgeroep
• Verdrag van Sugauli
• Nepalees-Britse Verdrag
• Staat uitgeroep
• Republiek uitgeroep
• Huidige grondwet


25 September 1768[1]
4 Maart 1816
21 Desember 1923
15 Januarie 2007
28 Mei 2008
20 September 2015
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
147 181[2] km2  (95ste)
56 827 myl2
2,8
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
31 122 387[2] (50ste)
26 494 504[3]
211,5 / km2 (49ste)
547,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$159,139 miljard[4] (84ste)
$5 032[4] (150ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$44,179 miljard[4] (102de)
$1 397[4] (167ste)

MOI (2022) 0,601[5] (146ste)  –  medium
Gini (2010) 32,8[6](115ste) –  medium
Geldeenheid Roepee (NPR)
Tydsone
 - Somertyd
NPT (UTC+05:45)
nie toegepas nie (UTC+05:45)
Internet-TLD .np
Skakelkode +977
a. op nasionale vlak; in ses provinsies.
b. op nasionale vlak; in een provinsie.

Nepal (Nepalees: नेपाल, Nepāl, [neˈpal], ), amptelik die Federale Demokratiese Republiek Nepal (सङ्घीय लोकतान्त्रिक गणतन्त्र नेपाल, Sanghiya Loktāntrik Ganatantra Nepāl),[7] is 'n landingeslote land in Suid-Asië. Dit is tussen die Volksrepubliek China in die noorde en Indië in die suide binne die Himalaja geleë. Nepal beslaan 'n oppervlakte van 147 181 km² en het 'n bevolking van 31 122 387 in 2024 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Katmandoe.

Nasa-Satellietbeeld van Nepal

Nepal grens in die noorde aan die Chinese outonome gewes Tibet, asook in die weste (Uttarakhand), suide (Uttar Pradesh en Bihar) en ooste (Sikkim en Wes-Bengale) aan Indië. Bangladesj is slegs sowat 27 km van Nepal se mees suidoostelike punt geleë en Bhoetan word deur die Indiese deelstaat Sikkim van Nepal geskei. Die land se geografie word deur die Himalaja gekenmerk en behels Berg Everest op die grens met die Chinese outonome gebied Tibet.

Nepal is 'n multi-etniese land met Nepalees as amptelike taal op federale vlak. Daarbenewens dien verskeie ander inheemse tale soos Bhojpuri, Maithili en Newari as amptelike tale van Nepalese provinsies. Die belangrikste godsdiens is Hindoeïsme, gevolg deur Boeddhisme en albei godsdienste het hul oorsprong in die hedendaagse Nepal. Die Nepalese kultuur in die noorde is sterk deur die Tibettaanse s'n beïnvloed, terwyl die Indiese kultuur in die suide 'n sterk invloed toon.

Nepal is in die 18de eeu onder die Koninkryk Ghorka verenig en die Shah-dinastie het die Koninkryk Nepal gestig. Hulle het 'n alliansie met die Britse Ryk gesluit, maar Nepal is nooit deur Brits-Indië beheer nie en het as bufferstaat tussen die Britse besitting in die suide en die Chinese Keiserryk in die noorde gedien, saam met die onafhanklike Himalaja-koninkryke Sikkim en Bhoetan verder oos. Nepal het in 1951 'n parlementêre demokrasie geword, maar dit is twee keer deur die Nepalese monarge opgeskort, in 1960 en 2005. Ná die Nepalese burgeroorlog (1996–2006) is die monargie in 'n republiek omskep en die wêreldwyd laaste Hindoe-monargie beëindig.

  1. (en) "Nepal5". Royalark.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 9 Julie 2019.
  2. 2,0 2,1 (en) "Nepal". Central Intelligence Agency. Besoek op 15 Julie 2024.
  3. (en) "National Population and Housing Census 2011 (National Report)" (PDF). Sentrale Kantoor van Statistieke (Nepal). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 April 2013. Besoek op 26 November 2012.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Nepal". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 15 Julie 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 15 Julie 2024.
  6. (en) "Gini Index – Nepal". Wêreldbank. Besoek op 15 Julie 2024.
  7. (en) "It is Federal Democratic Republic Nepal, not just Nepal, parliamentary committee says". The Kathmandu Post. 9 November 2020. Besoek op 15 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search