Neutronster

Straling van die vinnig tollende pulsar PSR B1509-58 laat nabygeleë gas X-strale uitstraal (goud) en verlig die res van die newel, hier in infrarooi (blou en rooi).
’n Kunstenaarsvoorstelling van die pulsar PSR 1257+12 se planetêre stelsel.

’n Neutronster is die kompakte kern van ’n baie swaar ster (met ’n totale massa van tussen 10 en 25 sonmassas) wat tydens ’n tipe II-, tipe Ib- of tipe Ic-supernova ontplof het.[1] Hulle is die kleinste en digste stervoorwerpe, buiten swartkolke en hipotetiese witkolke en kwarksterre.[2] Hulle het ’n radius van sowat 10 km en ’n massa van sowat 1,4 sonmassa.[3]

Nadat hulle gevorm het, wek hulle nie meer aktief hitte op nie en koel hulle mettertyd af; hulle kan egter steeds verder evolueer deur botsings en akkresie.

  1. Heger, A.; Fryer, C. L.; Woosley, S. E.; Langer, N.; Hartmann, D. H. (2003). "How Massive Single Stars End Their Life". Astrophysical Journal. 591 (1): 288–300. arXiv:astro-ph/0212469. Bibcode:2003ApJ...591..288H. doi:10.1086/375341. S2CID 59065632.
  2. Glendenning, Norman K. (2012). Compact Stars: Nuclear Physics, Particle Physics and General Relativity (illustrated uitg.). Springer Science & Business Media. p. 1. ISBN 978-1-4684-0491-3.
  3. Seeds, Michael; Backman, Dana (2009). Astronomy: The Solar System and Beyond (6de uitg.). Cengage Learning. p. 339. ISBN 978-0-495-56203-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search