Nieu-Assiriese Ryk

Nieu-Assiriese Ryk

911 v.C. – 609 v.C.
Ligging of Assirië
Ligging of Assirië
’n Kaart van die Nieu-Assiriese Ryk en sy uitbreiding.
Hoofstad Assur
Nineve
Harran
Taal/Tale Akkadies, Aramees
Regering Monargie
Koning
 - 911-892 v.C. Adad-nirari II (eerste)
 - 612-609 v.C. Ashur-uballit II (laaste)
Historiese tydperk Mesopotamië
 - Gevestig 911 v.C.
 - Slag van Nineve 612 v.C.
 - Val van Harran 609 v.C.
 - Ontbind 609 v.C.

Die Nieu-Assiriese Ryk was ’n tydperk in die geskiedenis van Assirië van 911 tot 609 v.C.[1] Ná die hervormings van Tiglat-Pileser III in die 8ste eeu v.C. het Assirië die magtigste ryk in die Nabye Ooste geword en oor selfs Babilonië en Egipte geheers.[2][3] Dit het op die Middel-Assiriese Ryk gevolg.

In dié tyd is Aramees saam met Akkadies die amptelike taal van die ryk gemaak.[4]

Ná die dood van Assurbanipal in 627 v.C. het die ryk begin verbrokkel. In 616 v.C. het koning Kuaksares van die Mede ’n alliansie met Nabopolassar gevorm teen Assirië. In 609 v.C. het die nuwe hoofstad, Harran, geval en in 605 v.C. is ’n bondgenootskap van Egipte en die Assiriese koning Ashur-uballit II verslaan. Hierna het Assirië ophou bestaan as ’n onafhanklike staat.[5]

  1. Roux, Georges (1982) "Ancient Iraq", p.283, 376 (Penguin, Harmondsworth)
  2. "Assyrian Eponym List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2016. Besoek op 23 November 2014.
  3. Tadmor, H. (1994). The Inscriptions of Tiglath-Pileser III, King of Assyria.pp.29
  4. Frye, Richard N. (1992). "Assyria and Syria: Synonyms". PhD., Harvard University (in Engels). Journal of Near Eastern Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020.
  5. Grant, R.G. Battle a Visual Journey Through 5000 Years of Combat. Londen: Dorling Kindersley, 2005 bl. 19

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search