Nisa

Nisa
Mitradatkirt
Die ingang tot Nisa.
Die ingang tot Nisa.
Land Turkmenistan
Soort Antieke stad
Streek Asjchabat
Oppervlakte 77,9 ha
Geskiedenis
Tydperk Partiese Ryk
Kulture Parties
Unesco-wêrelderfenisgebied
Kriteria (ii), (iii)
Verwysing 1242
Inskripsie 2007 (31ste sessie)
Toestand Ruïnes
Streek† Turkmenistan
Beskrywing* Partiese forte van Nisa
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Nisa, ook Mitradatkirt genoem, was 'n antieke stad in die Partiese Ryk. Dit is geleë naby die hedendaagse Asjchabat, Turkmenistan, 18 km wes van die middestad. Nisa word deur sommige beskryf as die eerste hoofstad van die Partiese of Arsakidiese Ryk. Daar word tradisioneel aangeneem dit is deur Arsakes I (bewind: omstreeks 250-211 v.C.) laat bou en dat dit die koninklike woonplek van die Partiese konings was, hoewel nooit vasgestel is of die fort by Nisa 'n koninklike woning of mausoleum was nie.

In 2007 is die fort tot 'n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.[1]

  1. "UNESCO names World Heritage sites", BBC News, 28 Junie 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search