Noord-Kaap

Provinsie Noord-Kaap
Northern Cape Province
Kapa Bokone
uMntla-Koloni

Wapen
Ligging van die Noord-Kaap
Hoofstad Kimberley
Grootste stad Kimberley
Premier Zamani Saul (ANC)
Oppervlakte
– Totaal
Geranglys 1ste
361 830 vk km
Bevolking[1]
 - Totaal (2011)
 - Bev.digtheid
Geranglys 9de
1 145 861
3,1 / vk km
Geloofsoortuigings Christene (94,8%), geen (3,5%), res (1,6%)
Tale[1] Afrikaans (53,8%), Tswana (33,1%), Xhosa (5,3%), Engels (3,4%), Suid-Sotho (1,3%)
Etniese verdeling[1] Swart mense (50,4%), Bruin mense (40,3%),
Wit mense (7,1%),
Asiërs (0,7%)

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: uMntla-Koloni) is die grootste en ylbevolkste provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in drie nuwe provinsies, die Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

  1. 1,0 1,1 1,2 statssa.gov.za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine – 2011-sensus

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search