Noordryn-Wesfale

Nordrhein-Westfalen
Noordrhien-Westfalen
Noordryn-Wesfale
Landsvlag Landswapen
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits en Nederduits
Hoofstad: Düsseldorf
Stigting: 23 Augustus 1946[1]
Oppervlakte: 34 110,26 km² (2de)
Bevolking: 17 924 591[2] (1ste)
(31 Desember 2021)
Bevolkingsdigtheid: 525 inwoners / km² (12de)
BBP
 - Totaal
2021
733,257 miljard €[3]
(1ste)
Volkslied (Landeshymne): geen
Skuldlas per inwoner: 10 092 € (31 Maart 2022)
Totale skuldlas: 180,895 miljard €[4] (31 Maart 2022)
Werkloosheidsyfer: 7,0%[5] (Julie 2022)
ISO 3166-2: DE-NW
Amptelike webwerf: www.land.nrw
Politiek
Eerste Minister: Hendrik Wüst (CDU)
(sedert 27 Oktober 2021)
Regerende partye: CDU en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(195 setels) (2017: 199 setels):
CDU 76 (2017: 72)
SPD 56 (69)
B90/Grüne 39 (14)
FDP 12 (28)
AfD 12 (16)
Laaste verkiesing: 15 Mei 2022
Volgende verkiesing: Mei 2027
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 6 (van 69)
Kaart

Noordryn-Wesfale of Noord-Rynland-Wesfale (Duits: Nordrhein-Westfalen, [ˈnɔʁtʁaɪ̯n vɛstˈfaːlən], ; Nederduits: Noordrhien-Westfalen) is 'n deelstaat van Duitsland. Dit grens aan die deelstate Rynland-Palts, Hesse en Nedersakse asook aan België en Nederland. Die naam is afkomstig van die ou Pruisiese provinsies Rynland (die noordelike helfte daarvan) en Wesfale.

Noordryn-Wesfale het 'n bevolking van 17 924 miljoen (Desember 2021) en 'n oppervlakte van 34 110 km². Die hoofstad is Düsseldorf en die grootste stad is Keulen.

Die deelstaat is ná die Tweede Wêreldoorlog deur die samesmelting van enkele vroeëre provinsies, waaronder Wesfale en Noordryn (wat albei oorspronklik deel uitgemaak het van Pruise) en Lippe, gevorm. Grootskaalse immigrasie van na-oorlogse vlugtelinge, veral uit die vroeëre oostelike gebiede van die Duitse Ryk, asook migrantewerkers uit Suid-Europa en Turkye gedurende die 1960's en Oos-Europeërs van Duitse afkoms ná 1990, het bygedra tot die deelstaat se huidige demografiese diversiteit. Noordryn-Wesfale is die vierde grootste van al die Duitse deelstate volgens sy oppervlak, maar het verreweg die grootste bevolking.

  1. (de) "Verordnung Nr. 46, Auflösung der Provinzen des ehemaligen Landes Preußen in der Britischen Zone und ihre Neubildung als selbständige Länder". Verfassungen.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2017. Besoek op 25 Februarie 2017.
  2. (de) "Bevölkerung der Gemeinden Nordrhein-Westfalens am 31. Dezember 2021 – Fortschreibung des Bevölkerungsstandes auf Basis des Zensus vom 9. Mai 2011". Landesdatenbank Nordrhein-Westfalen. 2022. Besoek op 26 Augustus 2022.
  3. (de) "Bruttoinlandsprodukt von Nordrhein-Westfalen von 1970 bis 2021". Statista. 26 April 2022. Besoek op 26 Augustus 2022.
  4. (de) "Vorläufiger Schuldenstand der Länder". Statistisches Bundesamt. 31 Maart 2022. Besoek op 26 Augustus 2022.
  5. (de) "Arbeitslosenquoten im Juli 2022 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. Julie 2022. Besoek op 26 Augustus 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search