Oespenski-katedraal (Moskou)

Oespenski-katedraal
Die suidelike aansig van die Oespenski-katedraal, gesien vanaf Katedraalplein.
Die suidelike aansig van die Oespenski-katedraal, gesien vanaf Katedraalplein.
Plaaslike naam Успенский Собор
Ander naam Katedraal van die Mariahemelvaart
Plek Moskou, Vlag van Rusland Rusland
Denominasie Russies-Ortodoks
Ingewy 1479
Boustyl Russies
Webtuiste Oespenski-katedraal

Die Oespenski-katedraal of Katedraal van die Mariahemelvaart (Russies: Успенский собор, Oespenski sobor) is ’n Russies-Ortodokse kerk wat gewy is aan die hemelvaart van die Teotokos ("Gods Moeder"). Dit is aan die noordekant van Katedraalplein in die Moskouse Kremlin in Rusland geleë. Suidwes daarvan is die Kloktoring van Iwan die Grote. Die katedraal word as die moederkerk van Moskouse Rusland beskou. Die huidige weergawe is tussen 1475 en 1479 gebou in opdrag van die Moskouse grootprins Iwan III. Die argitek was Aristotele Fioravanti. Tussen 1547 en 1896 is die Russiese heersers hier gekroon. Dit is ook waar die meeste Moskouse metropoliete en patriarge begrawe is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search