Okavangodelta

Okavangodelta*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Kaart van die Okavangodelta
Ligging van Okavangodelta op 'n kaart (Botswana)
Okavangodelta
Okavangodelta
Ligging van die Okavangodelta in Botswana
Koördinate: 19°15′S 22°45′O / 19.250°S 22.750°O / -19.250; 22.750
Lande Vlag van Botswana Botswana
Tipe Natuur
Kriteria vii, ix, x
Verwysings 1432
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2014  (38ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Okavangodelta (Engels: Okavango Delta, ook Okavango Grasland) is 'n uitgestrekte rivierdelta in die noorde van Botswana, waar die Okavangorivier in die Kalahari-woestyn "uitmond". Die delta word in die suide deur die Kunyere- en Thamalakane-skeur begrens, wat 'n hidrologiese grens tenoor die Okavangorivier vorm en 'n voortsetting van die Groot Skeurvallei is. Daardeur dreineer en verdamp die rivier en mond nie in 'n see of oseaan uit nie. Sommige vloedwaters dreineer in die Ngamimeer.[1] Hier vorm die Okavangorivier in die half-ariede Kalahari-woestyn met meer as 20 000 vierkante kilometer een van die diererykste vleilande in Afrika. Ná die Sudd aan die Nylrivier in Suid-Soedan en die Binne-Nigerdelta aan die Nigerrivier in Mali is die Okavangodelta die derde grootste binnedelta in Afrika.[2]

Kaart van die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied
'n Tipiese streek in die Okavangodelta, met vrye kanale en mere, moerasse en eilande

Aan die oostelike kant van die Okavangodelta is die Moremi Wildreservaat, 'n nasionale park, geleë. Hierdie statistiese betekenis het gehelp om die Okavangodelta 'n posisie op die Lys van die Sewe Natuurlike Wonders van Afrika te verseker, wat op 11 Februarie 2013 in Arusha, Tanzanië, amptelik bekend gemaak is.[3] Op 22 Junie 2014 is die Okavangodelta deur Unesco as 1000ste wêrelderfenisgebied gelys.[4][5]

Die gebied het vroeër deel uitgemaak van die Makgadikgadimeer, 'n antieke meer, wat meestal opgedroog het in die vroeë Holoseen. Die buitewêreld het die eerste keer van die Okavangodelta gehoor toe David Livingstone in 1849 daarop afgekom het.[6]

  1. (en) Cecil Keen, 1997. Okavango Delta
  2. (en) T.S. McCarthy, 1993. The great inland deltas of Africa, Journal of African Earth Sciences, vol. 17, nr. 3, bl. 275–291
  3. (en) sevennaturalwonders.org: Seven Natural Wonders of Africa
  4. (en) whc.unesco.org: World Heritage List reaches 1000 sites with inscription of Okavango Delta in Botswana
  5. (en) whc.unesco.org: Twenty six new properties added to World Heritage List at Doha meeting
  6. "Okavango River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 23 Maart 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search