Olimpiese Somerspele 2024

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat tans plaasvind.
Die inligting op hierdie bladsy kan vinnig verander soos nuwe data beskikbaar raak.
Spele van die XXXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2024

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 206
Deelnemende atlete 10 714
Items 329 in 32 sporte
Openingseremonie 26 Julie 2024
Sluitingseremonie 11 Augustus 2024
Amptelik geopen deur President Emmanuel Macron
Atlete-eed Florent Manaudou (swem)
Mélina Robert-Michon (skyfwerp)
Beampte-eed
Olimpiese vlam Teddy Riner (judo)
Marie-José Pérec (atletiek)
Vorige Spele 2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele 2028: Los Angeles (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, word tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied. Dit is die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 en die derde keer wat Parys die spele organiseer na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee word Parys naas Londen die tweede stad wat driekeer Olimpiese Somerspele aanbied. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 is die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar. Tydens die geleentheid neem 10 714 atlete uit 206 nasies aan 329 items in 32 verskillende sportsoorte deel.

Die Stade de France in Parys
Kaart van deelnemende nasies in 2024:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Parys

Die opening- en sluitingseremonies vind in Parys plaas. Vir die eerste keer in die Olimpiese geskiedenis het die openingsseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op skepe die Seinerivier in Parys bevaar.[1] Soos gebruiklik word die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, word dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Caitlin Rooskrantz (gimnastiek) en Akani Simbine (atletiek) het die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[2]

Die Paralimpiese Somerspele 2024 word tussen 4 en 15 September in Parys gehou.

  1. (en) "Macron says Paris Olympics opening ceremony could be moved". BBC. 15 April 2024. Besoek op 26 Julie 2024.
  2. (en) Lynn Butler (10 Julie 2024). "Simbine, Rooskrantz named Team SA's flag bearers for Paris Olympics". Nuus24. Besoek op 26 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search