Olimpiese Somerspele 2024

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2024

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande
Deelnemende atlete 10 500[1]
Items 329 in 32 sporte
Openingseremonie 26 Julie 2024
Sluitingseremonie 11 Augustus 2024
Amptelik geopen deur President van Frankryk (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele 2028: Los Angeles (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, sal tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied word. Dit sal die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Parys die spele organiseer na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee sal Parys naas Londen die tweede stad word, wat driekeer Olimpiese Somerspele aangebied het. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 sal die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar wees.

Die Stade de France in Parys
Kaart van deelnemende nasies in 2024:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Parys

Die opening- en sluitingseremonies sal in die Stade de France in Parys plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2024 sal tussen 4 en 15 September in Parys gehou word.

  1. (en) "Gender equality and youth at the heart of the Paris 2024 Olympic Sports program". Internasionale Olimpiese Komitee. 7 Desember 2020. Besoek op 2 Augustus 2020.[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search