Olimpiese Spele

Kenteken van die Olimpiese Spele.
Kaart van elke Olimpiese Somerspele.
Kaart van elke Olimpiese Winterspele.
Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984.
Die Olimpiese vlam van Salt Lake City, 2002.

Die Olimpiese Spele (ou Grieks: τά Ὀλύμπια, ta Olýmpia, "die Olimpiese Spele"; moderne Grieks: ολυμπιακοί αγώνες, olymbiakí agónes, "die Olimpiese Kompetisies") bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied.

Die slagspreuk van die Olimpiese Spele is Vinniger, Hoër, Sterker — Saam, of dan Citius, Altius, Fortius — Communiter in Latyn.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search