IIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1932 (Engels: 1932 Winter Olympics), amptelik bekend as die IIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1932 in die Adirondack-gebergte by Lake Placid in die deelstaat New York in die Verenigde State gehou. Die ander kandidaatstede was: Bear Mountain, Yosemite Valley, Lake Tahoe, Duluth, Minneapolis, Denver (almal in die Verenigde State) en Montreal (Kanada).[2] Die Spele is deur die destydse goewerneur van New York, Franklin D. Roosevelt, geopen, wat nege maande later tot die 32ste President van die Verenigde State verkies is. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Somerspele aangebied, in Los Angeles.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search